top of page
HIERDIE WEEK SE TEMA by PALET
06-10 Mei 2024: Troeteldiere
Juffrou en maats gesels oor wat 'n troetledier is en verskillende soorte troeteldiere. Ons leer hoe om vir ons troeteldiere te sorg en maats vertel meer van hulle eie troeteldiere by die huis. Ons bespreek ook eksotiese troeteldiere en waar hulle vandaankom.
LEERPROGRAMME
Die leerprogramme wat aangebied word is kundig uitgewerk per ouderdomsgroep. Dit begin altyd by grootmotoriese vaardighede en soos ons kinders se lyfies sterker word, bou ons op die fondamente met fynmotories- en kognitiewe vaardighede. Ons temas is doenbaar vir ouers uiteengesit om dit prakties en uitvoerbaar, in en om die huis, te implementeer.
​
Kleuterskool kinders moet alles konkreet beleef!!!
​
Leerprogramme
Ons programme is vol leer ervarings wat ons kinders 'n fantastiese grondslag gee. Dit is altyd verstommend hoe konkreet ons Juffrouens by Palet Kleuterskool vir ons maats dinge kan verduidelik dat hulle dit vir altyd onthou en inneem. Dit is 'n wonderlike fondasie en ons kinders kan dit daagliks geniet om speel-speel te leer.
- Leoni Webster
Subscribe
bottom of page